Vuurhoutjies is Taboe

 

Vuurhoutjies is Taboe

 

Na aanleiding van `n swak 2005/6 seisoen wat pryse aanbetref het ons besluit om No-Till te doen vir die seisoen wat voor le^ en inset kostes so laag moontlik te hou. Ek het my John Deere 1750 planter omgeskakel en net ripper tande op gesit.

 

Dit het in die droe lande uitstekend gewerk en ek kon nie glo hoe maklik dit is nie. Ek het koring op my besproeiingslande gehad, so na ons koring gestroop het moes ek mielies in die koringstoppels plant. Die eerste dag het dit goed gegaan want die toestande was idiaal. Ons het egter die aand `n bui reen gekry en toe begin my moeilikheid. My gemodifiseerde planter het net begin pak in die koringstoppels. Tien tree plant en stop en op tel met `n hoop wat hy saamsleep. Die koring land was presies half pad geplant.

 

Na ure se gesukkel het ons besluit om die ander helfde van die land te brand. Ek het hom toe gedis, gerip en saadbed gemaak en geplant. My plantestand op altwee stukke was 100%.

 

Strooptyd het gekom en ons het begin stroop. Ek kon nie glo wat se groot verskil daar op die twee stukke was nie. Waar ek No-Till gedoen het het ek omtrent 9 ton/ha gestroop en daar was geen probleem met graad nie. Waar ek egter die ander helfde gebrand, konvensioneel bewerk het en geplant het was dit egter `n ander storie. Ons het daar 2 ton/ha minder gestroop en gesukkel om graad te kry.

 

Hierdie proef was vir my `n duidelike voorbeeld van wat die regte metode van bewerking is.

 

Nico Botha

This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.